BOEREBI LTONG VIR DIE BRITTE

Die meeste van Larry se kiante is Suid-Afrikaners. . . maar raai waarom die Briffe biltong koop? atlikel en foto's deur CHRIS LOUW ult London

Hymaak.


Blitong aan 'n stuk draad In 'n slaghuis gehang. in Suid-Afrika Is dit'n bekende gesig, maar die foto Is In Engeland geneem. By die blitongmaker Larry Susman (links) staan Ann Long en David Mein. Die blitong en boerewors word in hul slaghuls In London verkoop. Larry Susman voor die beroemde winkel Harrods, waar Suid-Alilkaners in London deesdae hul biltong koop. WIE sou nou gedink het dit is moontlik om 'n bestaan te maak deur biltong in Engeland te verkoop? Mim mense sal waarskynlik probeer om so 'n onderneming in die vreemde aan te pak. Maar dit is presies wat 'n jong Suid-Afrikaner doenen hy verdien sakkevol geld. Larry Susman is die eienaar van Susman's Best Beef Biltong Company in Newhaven, Oos-Sussex. Biltong is sy lewe. Sy heeltydse werk is die maak en verkoop van die Suid-Atrikaanse lekkerny. Hy verdien genoeg geld om 'a huis, twee motors en 'a vrou te onderhou Suid-Afrikaners het on-langs in 'n televisie-program gesieri hoe die jong Larry sy biltong maak en hoe dol baie mense in Londen op 'n ander Suid-Afrikaanse produk -boerewors - is. Baie dinge het verander sedert die program verlede jaar gemaak is. Een van die dinge wat verander het, isLarry Susman se huwelikstatus, Hy is Paasnaweek met 'n ou skoolmaat, Janet Noble, getroud. Janet is 'n gebore Britse meisie, maar sy verskil in een opsig van haar landgenote - sy is dol op biltong. Nog iets wat intussen verander het, is die omvang van die jong sakernan se onderneming. Sy biltong het so gewild geraak dat hy kwalik met al die bestellings kan voorbly. Selfs die wéreldberoemde winkel Harrods - die een waar die motorbom verlede jaar ontplof het - verkoop deesdae biltong wat Larry maak.
The susman family in the butchers

Dit is geen geringe prestaste nie. Harrods Is die spogwinkel in Brittanje. Dit is die plek waar die rykes hul inkopies doen - en dit sluit die Britse eerste minister. mev. Margaret Thatcher in. Larry Susman sê reguit hy wil niks anders doen nie as bullong verkoop. ,,Daar is nog baie moontlikhede vir uit-breiding. Ek sal die een of ander tyd vir my 'n helper moet kry - iemand wat uit Suid-Afrika kom en wat lekker met die klante oor die land kan gesels." Die meeste van Larry se kiante is mense wat vroeér in Suid-Afrika gewoon het, maar baie Britte het ook intussen 'n smaak vir biltong aangeleer ., Party Engelse vroue koop die biltong vir hul katte," vertel Larry. ,,Diere is mal oor biltong. En die Engelse is weer mal oor diere. Baie mense is bereid om R14 vir 'n halfkilograrn biltong te betaal net om dit vir 'n kat te voer." Die biltong-onderneming het sy beslag sowat sewe jaar gelede gekry. in die dae kort nadat die Susman-gesin uit Johannesburg na Londen verhuis het. ,,My pa het begin biltong maak. Dit was die een ding wat hy die meeste van Suid-Afrika gemis het." vertel Larry. ,,My pa Se biltong het so gewild geraak dat ons nie kon voorbly met die maak daarvan nie. Al ons vriende wou daarvan he. Op 'n dag het mnr. Susman senior besluit: tot hier en nie verder nie. Hulle kon nie aanhou om ander mense se biltonglus kosteloos te bevredig nie. Voortaan sou elkeen wat biltong wou he, daarvoor moes betaal. Die jong Larry, toe skaars uit die skool, het die biltong-makery by sy pa oorgeneem. Larry wou aanvanklik argitek word, maar verwarring in sy eindskooleksamen het veroorsaak dat hy nie die nodige kwalifikasie kon kry om verder te studeer nie. Die verwarring het gekom omdat daar onsekerheid was oar die geldigheid van sekere vakke wat hy op skool in Suid-Afrika gehad het. Vandag is Larry bly dat hy toe nooit vir argitek gaan leer het nie. ,,Dit is 'n kursus van ses, sewe jaar - en as ek my graad gehad het, het ek buitendien sonder werk gesit. Daar is hopeloos te veel argitekte in Engeland.'

Die biltongmakery was die ideale oplossing. Twee jaar gelede het Larry Susman besef dat hy genoeg geld verdien om 'n bestaan uit biltong te maak. Hy het nog noolt weer teruggekyk nie. Onlangs het hy vir horn n huis in Sussex gekoop. Daar woon hy en Janet deesdae. Sy Engelse vrou help horn met die maak van biltong. Larry se klante is meestal Suid-Afrikaners en veral Jode wat vroeer in Suid-Afrika gewoon en intussen na Londen verhuis het. Baie Afrikaners wat in Engeland werk, doof die verlange na die huis met 'n stukkie beesbiltong van Larry Susman. Diplomate by die Suid- Atrikaanse ambassade op Trafalgarplein is ook getroue biltongkopers. Twee slaghuise in Londen, vier delikatessewinkels en talle private kopers maak die onderneming die moeite werd Maar biltong is nie die enigste eg Afrikaanse produk in Britse slaghuise nie. Boerewors is net so gewild. En in East End Road, OosFinchley, kry baie Suid-Afri-kaners - en talle Engelse -al jare lank troos wanneer die worslus hulle pak. Graham's High Class Butchers is een van die ultsoekslagterye in Brittanje, een van die mim wat die ge-sogte Aberdeen Angus-teken van gehalte mag vertoon. Die eienaars is Graham Mein en sy suster Ann Long. Hulle het nege jaar gelede begin om boerewors te maak nadat talleSuid-Afrikaners in die omgewing daarvoor gevra het ,,Ons het soveel resepte gekry dat ons nie geweet het wat om te doen nie," vertel Ann. ,,Wanneer ons die een resep beproef, was daar klagtes van die een groep en wanneer ons 'n ander resep beproef het die ander groep weer gekla Die gevolg was dat Graham en Ann self begin eksperimenteer het. Hulle wou boerewors maak wat omtrent elke Suid-Afrikaanse smaak kon bevredig So suksesvol was die uiteindelike resep dat baie ander klante, gebore Londenaars. vandag geswore boerewors is. Graham en Ann was self nog nooit in Suid-Afrika nie. ,,Daar is net nie tyd nie," vertel Ann. Graham se seun, David, help deesdae in die slagtery. Dit beteken dat hulle darem om die beurt met vakansie kan gaan, ,,maar oak nooit anger as 'n week op n slag nie". Die feit dat Suid-Afrika vir hulle 'n vreemde plek is. maak geen verskil aan die gewildheid van hul boerewors nie. ,,Mense het ons al geld vir ons resep aangebied, rnaar dit bly ons geheim" Onder hul gereelde klante is heelwat Afrikaners, maar die meeste - net soos die geval met Larry Susrnan - is Jode Volgens Ann is hul getrouste ondersteuner 'n Jood wat vroeër in Suid-Afrika gewoon het en wat net nie sy liefde vir braaivleis kon afsterf nie. Hy kom koop elke Vrydag 'n hele sak boerewors.
Larry susman memory

Saterdae steek hy die vleisbraaivuurtjie aan en dan is dit pure ,,Susd-Afrika" in die Londense voorstad Finchley Graham Se slaghuis is in elk geval die plek waar 'n Suid-Afrikarier kan gaan kuier wanneer hy huis toe verlang Met die stringe boerewors en die biltong aan die hake in die toonvenster lyk dit soos elke slaghuis in ri Pretoriase voorstad Die biltong kry Graham van Larry Susman. Hulle het mekaar deur ri familielid van Larry ontmoet. Deesdae ruil hulle hul produkte uit: Larry help Graham om sy boerewors te verkoop en Graham verkoop weer Larry Se biltong Die boerewors is so gewild dat Graham en Ann al bestellungs tot uit Glasgow in Skotland gekry het. Die wors word met die Red Star Express --Brittanje se vinnlgste afleweringstrein - na Glasgow gebring en persoonlik per taxi by die besteller se huis afgelewer Larry se bultong word net so haastig opgeraap. Hy het deesdae sells 'n geskenkposdiens. Mense in Suid-Afrika wat biltong by vriende afgelewer wit he, skryf net aan horn en stuur 'n geld-wissel saarn (7 per pond, om nou maar by die Britse stelsel te bly) en Larry is vir die res verantwoordelik Die jong sakeman sê sy biltong-bedrywighede hou horn so besig dat daar nie veel tyd is orn na Suid-Afrika te verlang nie Sy pa is 'n gebore Suid-Afrikaner en sy ma kom uit Engeland. Larry het self 'n Suid-Afrikaanse paspoort. Hy dink nog soms aan sy maats in Bramley Gardens. Johannesburg, waar hy vroeer gewoon het En hy onthou Jennifer Mundell, 'n klasmaat van horn in North View High wat deesdae 'n internasionale tennisster is Hy mis die groot tuin en die swembad in Johannesburg Maar nou is hy met 'n Engelse meisie getroud. En sy groat ideaal is om 'n sukses van sy biltong-onderneming te maak. Engeland is waar hy gaan woon, sé hy. Maar hy sal darem graag weer in Suid-Afrika wit vakansie hou
TOP